Die eerste van ‘n totaal van veertig Kubaanse ingenieurs het op Sondag aangekom in die Vrystaat. Die res sal na verwagting Maandag aankom.
Hulle sal hoofsaaklik betrokke wees in die verbetering van dienslewering, die konstruksie van die regering se gesubsidieerde lokasies, huise, die voorsiening van water, beplanning en projekbestuur, riool en basiese infrastruktuurdienste.
Hul velde van kundigheid sluit siviele ingenieurswese, hidrouliese, strukturele en meganiese ingenieurswese sowel as projekbestuur in.
Daar is oorgenoeg wit kundigheid om sulke take aan te pak in Suid-Afrika, maar die ANC probeer van wittes ontslae raak.
Volgens die ANC se Vrystaatwoordvoerder Thabo Meeko, is die werwing van die Kubaanse ingenieurs deel van die vennootskap tussen Suid-Afrika en Kuba.
Hulle is op ‘n kontrak vir twee jaar en sal strategies geplaas word deur die provinsie, veral in munisipaliteite, om dienslewering te verbeter.