Duisende teken petisie vir terugkeer na Europa

Deel op

Die Europese Unie moet erken dat wit Suid-Afrikaners etniese suiwering in die gesig staar, volgens ‘n petisie wat aanlyn sirkuleer sedert Sondag, het News24 berig.

“Die wit Suid-Afrikaanse bevolking staar tans etniese suiwering en vervolgings aan die hand van die ANC-regering, die EFF en verskeie individuele anti-wit aanvallers in die gesig,” volgens Rodrigo de Campos Herhaus op die webwerf change.org. Hy kom glo van Brasilië.

Die webwerf maak voorsiening vir enigiemand om ‘n petisie oor enigiets te plaas waaroor hulle sterk voel.

Hy beweer hy skakel in Suid-Afrika met die regse groep Front Nasionaal. ‘n Woordvoerder van die Front Nasionaal was nie onmiddellik beskikbaar vir kommentaar nie.

Sowat 12 500 mense het die petisie teen Sondagmiddag gesteun.

“Meer as 4 000 wit boere is wreed vermoor, dikwels ook deur marteling en verkragting en verminking. Baie wit Suid-Afrikaners vandag leef in vuil armoede as ‘n gevolg van Swart Ekonomiese Bemagtiging, die ANC-regering se beleid wat blankes uitsluit van die arbeidsmag.

“Gegrond op beleid van die Israeliese regering dat al die Jode die reg het om terug te keer na Israel, glo ons dit is nie net raadsaam nie maar moreel verpligtend dat Europa moet toelaat dat alle wit Suid-Afrikaners die reg het om terug te keer.”

Hy het gesê baie wit Suid-Afrikaners wat probeer om aansoek te doen vir burgerskap na Europese lande word verwerp.

“Baie van hierdie wit Suid-Afrikaners wat burgerskap vra is direkte afstammelinge van die einste Europese volke wat hulle verwerp.”

Hy meen Nederland of die Verenigde Koninkryk is die twee lande waarvan die meeste wittes kom.

Dit sou ook van toepassing op wit mense in Zimbabwe en Namibië wees, “gegewe dat hulle ‘n soortgelyke situasie in die gesig staar.”

Volgens die koerant die Verenigde Koninkryk se Express: “Europa kan word deur wit Suid-Afrikaners oorspoel word wat glo hulle het ‘die reg om terug te keer na Europa'”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.