Zuma onder druk om Marikana-verslag te openbaar

Deel op

President Jacob Zuma moet binne 30 dae reageer op ’n aansoek dat die Marikana-verslag openbaar gemaak moet word.

Dit nadat drie burgerlike organisasies – die Marikana Support-veldtog, die Right2Know-veldtog en die Suid-Afrikaanse Historiese Argiewe – Vrydag ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ’n aansoek by die presidensie ingedien het.

Hulle eis dat Zuma binne 30 dae op hulle aansoek reageer.

Regsverteenwoordigers wat beseerde mynwerkers van die Marikanaskietery in 2012 verteenwoordig, het bevestig dat hulle opdrag gekry het om ‘n hofbevel te bekom om Jacob Zuma te dwing om die verslag van die Farlamkommissie vry te stel.

Zuma het verlede week gesê hy oorweeg steeds die verslag en gesê daarom sal dit nie binnekort vrygestel kan word nie.

‘n Prokureur, Andries Nkome, sê die presidensie het nie gehoor gegee aan ‘n versoek om die verslag teen die naweek bekend te maak nie.

Volgens hom voel hulle kliënte dat sekere indiwidue wat in die verslag bygekom word, deur die president beskerm word.

Hulle beweer ook dat daar gerugte is dat die Nasionale Polisiekommissaris ‘n aanbod gekry het om haar amp te ontruim, en dat die provinsiale kommissaris in Noordwes aan die einde van die maand gaan aftree.

Nkome sê dit skep die indruk dat die presidensie wil seker maak dat diegene wat die sondebokke is, eers na ander poste verskuif word voordat die verslag bekendgemaak word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.