Namibië sonder krag

Deel op

Suid-Afrika het Namibië Donderdagaand sonder elektrisiteit gelaat weens probleme by Eskom om aan plaaslike behoeftes te voldoen.

Netwerk24 berig dat ’n transformator boonop ook by ’n substasie in Zimbabwe gebreek het wat deel is van die streek se kragnetwerk.

Dit het meegebring dat Namibië Donderdagaand net die helfte van die elektrisiteit beskikbaar gehad het om in sy spitstyd-vraag van 530 megawatt te voldoen.

Die Namibiese minister van myne en energie, Obed Kandjoze, het bevestig dat Eskom opgehou het om elektrisiteit aan die kragmaatskappy, NamPower, te lewer.

Hy sê pogings word aangewend om die elektrisiteitstoevoer te herstel, en Namibië het intussen ingevolge die Suider-Afrikaanse Kragpoel-protokol hulp van ander elektrisiteits-nutsmaatskappye in die streek gevra.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.