Dwelmbendegevegte in Mexiko eis 43

Deel op

Minstens 43 mense is dood in ‘n skietgeveg tussen lede van die veiligheidsmagte en ‘n gewapende bende in een van Mexiko se gewelddadigste state.

Die geveg in Michoacan het na bewering met dwelms verband gehou en volgens amptenare is minstens een polisieman ook dood.

Die owerhede is reeds jare lank in ‘n bloedige oorlog met die gebied se invloedrykste dwelmkartel gewikkel.

Meer as 30 gewere is gekonfiskeer na gister se geveg wat langer as drie ure geduur het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.