Ierland stem oorweldigend vir gay huwelike

Deel op

Ierland het in ‘n geskiedkundige referendum oorweldigend ten gunste van die wettiging van huwelike tussen dieselfde geslag gestem.

Meer as 62 persent van die stemme was ten gunste van die wysiging van die land se grondwet om homoseksuele paartjies toe te laat om met mekaar te trou.

Ierland is die eerste land in die wêreld wat sulke soort huwelike sal wettig ná ‘n algemene stemming.

Dr Dan Roodt van PRAAG het op Twitter gesê daar behoort ‘n referendum gehou te word in Suid-Afrika oor die kwessie aangesien die land demokrasie as ‘n nastrewenswaardige voorbeeld voorhou.

Sogenaamde “Grondwetkenners” in Kaapstad het die idee van ‘n referendum oor gay huwelike fel gekritiseer en in reaksie gesê dit is reeds in die Grondwet “verskans” en kan nie “verander” word nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.