Afrikadag met tuislandstamdanse gevier

Deel op

Vandag vier die kontinent “Afrikadag”. Die dag gedenk die stigting van die Organisasie van Afrika-Eenheid in 1963 en die opvolger hiervan is die Afrika-Unie.

Sewentien lande het onafhanklikheid van Europese koloniseerders tussen 1958 en 1963 bekom, en om hul “bevryding” te vier, het verskeie state begin met die herdenking van “Afrikavryheidsdag”.

Nie een Afrikaland wat sogenaamd “bevry” is het intussen enige vooruitgang gemaak nie. In die DRK smeek inwoners wit besoekers gereeld dat die wittes moet terugkom.

Swede het sedert die sestigerjare ‘n aktiewe rol gespeel in die aanhitising van haat teen wittes op die vasteland om hul eie “humanitêre” invloed te probeer uitbou.

Zimbabwe se lagwekkende karikatuur van ‘n president Robert Mugabe is die huidige voorsitter van die Afrika-Unie. Mugabe leef uitsluitlik van wit skenkershulp maar vind dit nogtans aanvaarbaar om deurentyd teen wittes uit te vaar.

Hy het sy land grondig vernietig met beleidsrigtings wat tot hiperinflasie gelei het onder aanmoediging van Brittanje wat Mugabe se anti-wit, Marxistiese projek met oorgawe gesteun het.

Die Afrika-Unie het amptelik in Durban, Suid-Afrika, in 2002 tot stand gekom, en 10 jaar later het die voormalige minister van buitelandse sake Nkosazana Dlamini-Zuma die eerste vrouevoorsitter van die AU-kommissie geword.

Die kommissie is die administratiewe liggaam van die AU. Dlamini-Zuma het die voorsitterskap van Jean Ping afgeworstel omdat Ping glo te veel na China se pype gedans het. Dit blyk egter dat Dlamini-Zuma self onder Chinese invloed gekom het.

Suid Afrika is ‘n stigterslid van die Afrika-Unie en die organisasie se hoofkwartier is in Addis Abeba, maar die die wetgewende liggaam, die Pan-Afrika Parlement (PAP), is in Midrand.

Die tema vir 2015 is “Ons is Afrika” wat Sondagaand met tuislandstamdanse op SABC1 gevier is. Dr Hendrik Verwoerd sou trots gewees het op die skouspel waar die klem op kultuurverskille en swart identiteit was.

Die ANC het klaarblyklik nog nie verstaan dat die Weste assimilasie voorstaan en geen kultuurverskille duld nie.

Die profiel van die AU is met Suid-Afrikaanse geld verhoog om Dlamini-Zuma ‘n geleentheid te gee om haar eie profiel internasionaal uit te bou.

Omdat president Zuma volgens die Grondwet nie ‘n derde termyn mag dien nie, word Dlamini-Zuma volgens ingeligte bronne voorberei om die leisels van haar voormalige eggenoot oor te neem in die volgende verkiesing.

Zuma het Suid-Afrikaners aangemoedig om die amptelike lied van die AU te leer en te sing asook om die groen AU-vlag oral langs die Suid-Afrikaanse bont vlag te hys.

Dié lied sal vermoedelik in Engels gesing word:

AU Anthem
Let us all unite and celebrate together
The victories won for our liberation
Let us dedicate ourselves to rise together
To defend our liberty and unity

O Sons and Daughters of Africa
Flesh of the Sun and Flesh of the Sky
Let us make Africa the Tree of Life

Let us all unite and sing together
To uphold the bonds that frame our destiny
Let us dedicate ourselves to fight together
For lasting peace and justice on earth

O Sons and Daughters of Africa
Flesh of the Sun and Flesh of the Sky
Let us make Africa the Tree of Life

Let us all unite and toil together
To give the best we have to Africa
The cradle of mankind and fount of culture
Our pride and hope at break of dawn.

O Sons and Daughters of Africa
Flesh of the Sun and Flesh of the Sky
Let us make Africa the Tree of Life

auflag

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.