Repokoers onveranderd maar Eskom bly kopseer

Deel op

Die Reserwebank het besluit om die repo-koers onveranderd te laat op 5,75 persent.

Die Bank het egter sy kommer uitgespreek oor Eskom se versoek vir ‘n 25 persent tariefverhoging.

Die president van die bank, Lesetja Kganyago sê so ‘n skerp verhoging plaas druk op die inflasievooruitsig.

Ekonoom Amelia Morgenrood sê Donderdag se aankondiging kom as geen verrassing nie.

Die besluit om rentekoerse onveranderd te laat is oor die algemeen verwag. Die ANC het onlangs gesê hy oorweeg die moontlikheid om Eskom gedeeltelik te privatiseer as ‘n teenvoeter vir die kragverskaffer se geldprobleme.

Die regerende party het ook sy kommer uitgespreek oor die invloed wat skerp tariefverhogings in elektrisiteit op die ekonomie sal hê.

Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganjyago, het gewaarsku dat die swak rand tesame met die voorgestelde styging in die prys van krag ‘n groot risiko vir die inflasie-vooruitsig inhou.

Kganyago sê die jongste voorspellings oor inflasie het nie die voorgestelde 25 persent verhoging van Eskom in aanmerking geneem nie.

Hy sê indien die verhoging toegestaan word kan dit inflasie met ‘n halwe persentasiepunt opstoot.

Ekonome verwag dat die rentekoers ‘n hoogtepunt van tussen elf en twaalf persent kan bereik. Die primakoers waarteen banke geld aan verbruikers leen is steeds 9,75 persent nadat die Reserwebank die terugkoopkoers onveranderd gehou het.

Die Reserwebank het egter gewaarsku dat rentekoersverhogings later verwag kan word weens inflasiedruk.

Rentekoersverhogings sal ‘n negatiewe invloed op verbruikers met baie skuld hê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.