Meer as 100 swart kinders by skool siek

Deel op

Die Vrystaatse onderwysdepartement het bevestig dat drie onderwysers en 120 leerlinge van die Hoërskool St. Bernard’s in Botchabela in Bloemfontein Donderdagoggend by die skool siek geword het.

Woordvoerder Howard Ndaba sê 10 leerlinge van die Laerskool St Mary’s het ook van naarheid en maagongesteldheid gekla nadat leerlinge van dié twee skole gister die begrafnis van Vader Daes bygewoon het.

Ndaba sê die situasie is egter onder beheer en die departement van gesondheid vorm deel van ‘n ondersoek na die voorval.

Hy sê die goeie nuus is dat 41 van die 61 leerlinge wat in plaaslike klinieke en hospitale behandel is, reeds ontslaan is.

Vader Daes was die stigter van dié twee skole.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.