Bejaarde ernstig na huis tweede huisaanval

Deel op

Daar was glo drie maande gelede by die bejaarde Bloemfonteinse vrou, wat laat gistermiddag in haar huis aangeval is, ook ’n inbreekpoging.

Die 80-jarige Thelma Crous, wat alleen in ’n huis in Westpalstraat in Universitas woon, is steeds in ‘n ernstige toestand in die Mediclinic Bloemfontein met veelvuldige beserings.

Sy het nege maande gelede ’n hartomleiding gehad, en sukkel steeds om te herstel. Volgens polisiewoordvoerder, Peter Kareli is daar nog geen inhegtenisnemings gemaak nie.

Dit is ook nog onduidelik hoeveel aanvallers betrokke was en wat uit Crous se huis vermis word.

Intussen het Maggie Goldsmith van plaaslike skoonmaakdienste, wat Crous se huis gereeld skoonmaak, die situasie “betreur”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.