E-tol-dreigemente is afpersing sê regskenners

Die Suid-Afrikaanse munisipale werkersvakbond- SAMWU- het ook die gewysigde Gautengse e-tol plan verwerp en gesê die stelsel kom steeds neer op die privatisering van die land se paaie.

Die vakbond sê die dreigement om voertuiglisensies te weier as tolgeld agterstallig is, sal daartoe lei dat ‘n groot aantal voertuie sonder lisensies bestuur word.

Die Suid-Afrikaanse munisipale werkersvakbond, se woordvoerder, Papikie Mohale sê hoewel daar ‘n drastiese afname in tariewe voorgestel word, doen hulle steeds ‘n beroep op Suid-Afrikaners om nie tolgeld te betaal nie.

Adjunk-President Cyril Ramaphosa het in Kaapstad aangekondig dat motoriste in Gauteng in die toekoms eers hul uitstaande e-tolgelde sal moet betaal voordat hulle hul motorlisensies kan hernieu.

Die bondgenootskap teen Stedelike Tol, OUTA, het hom by opposisiepartye aangesluit en sê die gewysigde Gautengse e-tolstelsel hou geen verandering in nie.

Die terughou van motorlisensies weens agterstallige e-tolskuld, soos dié week aangekondig, is onwettig en ongrondwetlik en kom neer op administratiewe afpersing.

Regskenners sê dit kom op ‘n leë dreigement neer want as motoriste ‘n rekening vir ‘n bepaalde diens kry, kan hulle nie gepenaliseer word omdat ‘n ander diens nog nie betaal is nie.

Hulle meen dit is kontraktueel onsinnig. Sekere opposisiepartye sal moontlik gratis die stryd opneem vir die publiek, aangesien hulle daarmee gemoeid is.

Intussen het ‘n organisasie Justice Project SA besluit om munt te slaan uit die Gautengse e-tolstelsel wat hulle sal teenstaan tot in die hof.

Die voorsitter van JPSA, Howard Dembovsky sê hulle kommentaar aan die Departement van Vervoer sal ‘n waarskuwing insluit dat die besluit strydig is met die Grondwet.

Dembovsky sê indien hulle nie in hul oproep aan die Departement slaag nie, kan die kwessie in die hof beland. Die publiek sal vir die regsgeding moet betaal dmv skenkings aan Dembovsky.

Wayne Duvenhage van Outa het glo miljoene ingesamel voorheen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.