Minister koggel wittes oor Derby-Lewis

Deel op

Clive Derby-Lewis se aansoek om mediese parool sal Maandag as ‘n spesiale mosie in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor word.

Sy regsverteenwoordiger, Julian Knight, het gesê die mosie sal deur regter Selby Baqwa aangehoor word.

Derby-Lewis dien lewenslange tronkstraf uit omdat hy afgeraai is om oor sy onskuld te getuig in die sluipmoord op die destydse hoof van die Suid-Afrikaanse Komunisteparty, Chris Hani.

Die 79-jarige Derby-Lewis is vroeër vanjaar mediese parool geweier. Hy is sedert verlede jaar in die hospitaal met terminale kanker.

Clive Derby-Lewis wat ernstig siek is, moet in die gevangenis bly, terwyl ‘n blakend gesonde Schabir Shaik openlik gholf speel en inkopies doen.

Shaik is uit op mediese parool, maar is gesond genoeg om met sy hoë vriende in hoë poste gereeld aan sport deel te neem.

Shaik het boonop aansoek gedoen dat sy mediese parool in gewone parool verander word en dié absurde teenstrydigheid is selfs toegestaan. In wese beteken dit dat Shaik nooit siek was nie en dat die departement van korrektiewe dienste deel is van die versinsels oor sy vermeende gesondheidstoestand.

Die rassistiese, anti-wit dubbele standaarde en politieke agterbaksheid van die minister van korrektiewe dienste, Mike Masutha, blyk duidelik uit hoe dié twee gevalle verskillend benader word.

Shaik het slegs twee jaar en nege maande van sy vonnis van 15 jaar uitgedien het waarna hy sy “buitengewone hoë bloeddruk” klaarblyklik versin het om sy straf om te keer.

Derby-Lewis, wat nooit die sneller getrek het nie, is al 22 jaar agter tralies.

Masutha beweer voorts dat hy nie oor dokumente en mediese verslae in die naam van Derby-Lewis beskik nie. Dit is ten spyte daarvan dat die minister goed weet dat korrektiewe dienste Derby-Lewis aangeraai het om onder ʼn ander naam in die hospitaal opgeneem te word.

Die swart minister koggel gereeld wit parlementslede en lag hulle openlik uit as hy met die feite van sy ooglopende onbillikheid en vooroordeel gekonfronteer word.

Hy sê hy sien niks fout met Derby-Lewis nie, en dat hy vir homself kan sorg as hy kan rondbeweeg in die “gevangenis”. Derby-Lewis is maande gelede reeds in ‘n erg verswakte toestand in die hospitaal opgeneem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.