Dringende aansoek geloods teen verengelsing van Afrikaanse skole

Deel op

Fedsas het ‘n dringende hof­aansoek teen die Gautengse onderwysdepartement gebring wat word Dinsdag aangehoor sal word.

Sekere Afrikaanse skole sal van volgende kwartaal gedwing word deur die Gautengse onderwysdepartement om Engelssprekende kinders vir volgende jaar se skooljaar te aanvaar.

Panyaza Lesufi sê hy wil “rassistiese” Afrikaanse skole skole dwing om Engelssprekende swartes te aanvaar.

Lesufi het in reaksie op die hofaansoek van Fedsas gesê die organisasie wil kinders op grond van ras toegang tot skole weier.

Dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van Fedsas, het aan Netwerk24 gesê Lesufi begryp nie die aansoek nie.

“Dit gaan oor wettigheid: As mnr. Lesufi veranderinge by ’n skool wil aanbring, is daar ’n proses wat gevolg moet word. Fedsas sê nie sluit ander kinders uit nie. Trouens, dit gaan nie oor ras nie. Dit gaan oor die bevoegdheid van ’n beheerliggaam oor die besluit van ’n skool se taal- en toelating, en dat daar met beheerliggame gekonsulteer moet word.”

Die konstitusionele hof het reeds in twee hofsake – dié van die Hoërskool Ermelo en die Laerskool Rivonia – beslis dat die bevoegdheid om te besluit oor taal- en toelating by ’n beheerliggaam lê.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.