Die selfoonmaatskappy, MTN, sê nie alle dienssentrums in Suid-Afrika word deur die staking by die maatskappy geraak nie, het RSG berig.
Van die dienssentrums in Limpopo en Mpumalanga was buite werking weens die staking deur werkers van die kommunisiekasiewerkersvakbond, CWU.
Vroeër het intekenare van MTN gekla dat hulle tussen 30 minute en ‘n uur moet aanhou indien hulle die 173-dienssentrum skakel.
Die stakende werkers sê die maatskappy bied net ‘n bonus van vier persent vir 2014 aan.
Die bestuurshoof van MTN-SA, Ahmed Farouk, het vroeër ‘n griefskrif van stakende werkers by die maatskappy se hoofkantoor in Johannesburg in ontvangs geneem.
Die maatskappy se hoof van menslike hulpbronne, Themba Nyathi, sê in Kaapstad was daar ontwrigting, maar dat dit reeds reggestel is.