‘E-tol is en bly onwettige belasting’

Die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) het die regering se nuwe e-tol bedeling verwerp. Volgens regskenners is e-tol ‘n onwettige vorm van belasting.

Die Bondgenootskap se woordvoerder, Wayne Duvenhage sê die aankondiging raak slegs ‘n paar padgebruikers en sal nie motoriste oorreed om te betaal nie.

Duvenhage sê die skuld van sowat sewe miljard rand vir die opriging van die strukure bestaan steeds. Hy sê ‘n mislukte stelsel bly ‘n mislukte stelsel.

Opposisiepartye het in reaksie op die regering se aankondiging oor die e-tolstelsel gesê dit is duidelik dat die stelsel weens openbare verset misluk het en dat dwangmaatreëls nou gebruik gaan word om tolgeld in te vorder.

Hulle sê die vermindering van die maksimum maandelikse koste is net ‘n foefie om groter openbare deelname te verseker en geen waarborge oor toekomstige aanpassings van tariewe word gegee nie.

Die E-tol Aksiegroep het reeds die aanpassings bespreek en die groep hou volg dat e-tol ‘n onwettige vorm van belasting is.

 

Die bondgenootskap teen Stedelike Tol, OUTA, sê die koppeling van motorlisensie aan die e-tolstelsel, kan ‘n hele paar onvoorsiene gevolge inhou.

Adjunk-President Cyril Ramaphosa het vanmiddag in die Parlement aangekondig dat motoriste in Gauteng in die toekoms eers hul uitstaande e-tolgelde moet betaal voordat hulle hul motorlisensies kan hernieu.

Ramaphosa het ook aangekondig dat die e-tolkostes tot met 50 persent verminder gaan word.

Die Gautengtak van die vakbondfederasie, COSATU, is ook nie tevrede met die nuwe e-tolbedeling wat Ramaphosa vanmiddag in die Parlement aangekondig het nie.

Die sekretaris van COSATU in Gauteng, Dumisani Dakile, sê egter die veranderings wat aangekondig is, voldoen nie aan die eise en verwagtings van die vakverbond nie.

Volgens hom, gaan hulle die kwessie met COSATU se sentrale uitvoerende komitee bespreek.

COSATU in Gauteng hou vol dat die e-tolstelsel geskrap moet word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.