Vyf van die wêreld se grootste banke is met miljarde dollar beboet omdat hulle saamgesweer het om bankkoste te manupileer.
Barclays is die grootste boete van 2,4 miljard dollar opgelê.
UBS het ingestem on $545 miljoen dollar te betaal. Die ander banke wat beboet is, is die Royal Bank van Skotland, JP Morgan en City Group.
Hulle moet die boetes aan Britse owerhede betaal.
Suid-Afrika se Mededingingsraad het ook aan die ondersoek deelgeneem en verskeie plaaslike banke word vir valutatransaksies ondersoek.
Die banke wat in Suid-Afrika ondersoek word, is BNP Paribas, Citigroup, Barclays, JP Morgan, Investec, Standard Bank en Standard Chartered.
Die aankondiging van die boetes is deur die nuwe swart Amerikaanse prokureur-generaal, Loretta Lynch, aangekondig.
Sy het gesê die banke het “asemrowende flagrante” groep opgerig met die naam “die kartel” om ‘n mark ter waarde van $ 5trn per dag te manipuleer.
Lynch het tydens ‘n perskonferensie gesê dat die banke se gedrag mededinging beperk het.
“En dit moet mededingers in die toekoms weerhou daarvan om winste na te jaag sonder inagneming van regverdigheid, of openbare welsyn,” het Lynch gesê.
Republikeine is woedend oor Lynch se aanstelling omdat sy volgens hulle president Obama se ongebreidelde aanvaarding van onwettige immigrante in die VSA ondersteun.