Vier ernstig beseer na treine by Oos-Londen bots

Deel op

‘n Passasierstrein het naby Oos-Londen met ‘n goederetrein gebots.

‘n Woordvoerder van die passasier-spooragentskap, Nana Zenani, sê die Shosoloza-langafstand-passasierstrein het met ‘n goederetrein van Transnet gebots.

Amptenare is reeds na die toneel gestuur om die ongeluk te ondersoek. Luidens berigte is drie noodreddingshelikopters ook op pad na die toneel.

Nooddienste se personeel op die toneel sê dat tot 35 mense vasgevang was in die waens en bevry moes word.

Oos-Kaapse Departement van Gesondheid se woordvoerder Sizwe Kupelo het gesê dat vier mense ernstig beseer is en per helikopter na die hospitaal in Oos-Londen geneem is.

Die res van die beseerdes word op die toneel behandel, waar tot 20 ambulanse en 2 helikopters teenwoordig opgedaag het.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.