Nuwe regstudente sal dalk ‘n Afrika-taal as ‘n verpligte vak moet neem indien die minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha alle universiteite kan oorreed om die gedagte te steun.
Die kwessie van die tale wat gebruik word in howe het voorrang geniet tydens die Departement van Justisie se begrotingsdebat Woensdag.
Die minister het planne aangekondig om die talekwessie te ondersoek.
Daar sal na maniere gekyk word oor hoe om die gebruik van inheemse tale te bevorder tydens hofverrigtinge.
Die dekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit van die Vrystaat, Professor Caroline Nicholson sê die LLB-kurrikulum is hersien en dit sal voordelig wees vir enige student om ‘n Afrika-taal te leer.
Masutha het vroeër gesê dat hy die verswarting van die regsberoep wil bespoedig.