Nepal weier Britse helikopters in rampgebied

Deel op

Drie Chinook-helikopters wat deur die Britse leër gestuur om met noodleniging in die aardbewing-geteisterde Nepal te help, en gestrand was in Chandigarh in Noord-Indië, is onverrigter sake terug na Brittanje.

Volgens vroeëre berigte het die regering van Nepal toegang vir die helikopters geweier.

Groot verwarring heers blykbaar oor die redes vir die weiering. Die Indiese regering sê die weiering het niks met politiek te make nie.

Die Indiese minister van Inligting sê daar is gewoon nie plek op lughawe se aanloopbaan in Katmandoe vir die groot heli’s nie, maar volgens Britse bronne is daar oorgenoeg plek omdat die Chinooks ook op die gras neffens die teer kan land.

Volgens Chinese bronne wil die Indiese regering egter nie ‘n Britse of ‘n Amerikaanse militêre teenwoordigheid in die rampgebied hê nie.

Die Indiese ministerie van Buitelandse Sake het ook ‘n Amerikaanse versoek om ‘n lugbeheersentrum in Nepal op te rig, geweier.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.