Hewitt gaan huistoe

Die gewese tennisster, Bob Hewitt, se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis is in die Hooggeregshof in Pretoria tot 19 Junie uitgestel.

Hy is dié week deur regter Bert Bam tot effektief ses jaar tronkstraf gevonnis vir verkragting en seksuele aanranding.

Hewitt, ‘n gebore Australiër, sal nie agter tralies wees nie, ten spyte van die vonnis teen hom. Die regter het hom laat huistoe gaan alhoewel sy regspan nog nie ‘n aansoek om appèl geloods het nie.

Die regter se besluit het tot ontsteltenis gelei by Hewitt se slagoffers.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.