Veearts by Modise-saak se lisensie opgeskort

Deel op

Die veearts wat die DBV gehelp het in die ondersoek na dieremishandeling teen die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies, Thandi Modise, is daaraan skuldig bevind dat hy die Suid-Afrikaanse Veeartsraad se reëls oortree het.

Die Potchefstroomse veearts, Dr Sameer Abbas is op twee aanklagte skuldig bevind nadat hy geweier het om bewyse van dieremishandeling op Modise se plaas in Noordwes te oorhandig.

Sy lisensie om te praktiseer is vir ses maande opgeskort. Die polisie en inspekteurs van die DBV het meer as honderd dooie diere op die plaas gevind.

Abbas het monsters van die diere geneem, maar aan die DBV gesê hy wil nie langer by die saak betrokke wees nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.