Noordwes-polisiekommissaris kry trekpas oor Marikana

Deel op

Die polisiekommissaris van Noordwes, luitenant-generaal Zukiswa Mbombo verlaat die polisiediens aan die einde van die maand, het RSG berig.

Sy was aan die hoof van die provinsiale polisiediens ten tyde van die skietery by Marikana in 2012 toe 34 mynwerkers doodgeskiet is.

Haar bedanking volg terwyl president Jacob Zuma ‘n verslag van die Farlam kommissie van ondersoek oorweeg.

Die kommissie moes vasstel wat gelei het tot die tragedie tydens die mynwerkerstaking.

Mbombo het tydens haar getuienis voor die kommissie erken dat die polisie in hul optrede misluk het.

Die president het vroeër gesê hy sal die verslag openbaar maak sodra hy dit bestudeer het.

Mbombo gee Vrydag bevel oor aan die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.