Uitspraak voorbehou teen premier wat ‘hotnot’ gebruik

Deel op

Uitspraak is voorbehou in die saak teen die Noord-Kaapse premier Sylvia Lucas wat vandag in die gelykheidshof op Upington aangehoor is.

‘n Nasionale lid van die Nasionale Khoisanraad, Stanley Peterson, het die saak teen haar aanhangig gemaak nadat sy tydens ‘n amptelike begrotingstoespraak in 2010 op Upington die woord “hotnot” gebruik het.

Lucas het gesê: “Hotnots is net goed vir kos en klere.”

Peterson het in ‘n onderhoud met OFM-nuus gesê dat hy besluit het om haar hof toe te sleep nadat sy nie sanksies van die Menseregtekommissie nagekom het nie.

Peterson sê net die feit dat die saak vandag voor die hof gedien het, was al klaar ‘n oorwinning in die kleine vir die Khoi-San-gemeenskap nadat die regsverteenwoordigers van Lucas betoog het dat die saak van die rol geskrap word.

Uitspraak word op 30 Junie gelewer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.