Minister van Justisie wil regsberoep verswart

Deel op

Die minister van Justisie, Mike Masutha, wil ’n prokureur-generaal aanstel om transformasie in die regsberoep te dryf.

Hy het dié aankondiging vandag tydens ‘n mediasessie by die Parlement gedoen en gesê die prokureur-generaal se statuur, magte en salaris sal gelykstaande wees aan dié van ’n regter.

Masutha het al dikwels in die verlede kritiek gelewer oor die gebrek aan transformasie in die regsprofessie.

Hy het ook die staat en die privaatsektor gekritiseer weens hul voorkeur vir wit manlike advokate en regslui, en die gebrek aan voorheen benadeelde groepe wat as regsverteenwoordigers optree.

Hy sê die verswarting van die regsberoep beweeg te stadig, want daar is nie genoeg swart regters nie. Swart advokate kry glo nie genoeg ervaring om as regters aangestel te word nie.

Masutha meen verswarting sal die stand van die beroep verbeter en “professionalsime” aanmoedig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.