Suid-Afrika val uit die Wiskunde-skoolbus

Deel op

Dit blyk dat die meeste skoolkinders in Suid-Afrika steeds nie die mas opkom wanneer dit kom by wiskunde en wetenskap nie.

Die organisasie vir ekonomiese samewerking en ontwikkeling sê in ‘n verslag dat 90% van leerlinge nie die basiese vaardighede geleer word nie.

Die organisasie sê verder dat slegs sowat 70% van tieners in die land sekondêre skoolonderrig ontvang.

Intussen sê ‘n woordvoerder vir die departement vir basiese onderrig Elijah Mhalanga dat die verslag die departement help om vas te stel wat in die onderrigsektor moet verbeter.

Hy sê om ‘n ideale onderrigsituasie in die land te bereik, moet ouers, leerlinge, onderwysers, skoolbeheerliggame en die privaatsektor almal saamwerk.

Die verslag getiteld World Economic Forum’s Global Information Technology Report 2015 plaas Suid-Afrika laaste wat wiskunde en wetenskap betref.

Die afgelope 20 jaar is reuse bedrae geld aan onderwys gegee om die “foute van die verlede” reg te stel, sonder dat enige vooruitgang klaarblyklik gemaak is.

Die Oos-Kaap, Limpopo en KwaZulu-Natal word glo die meeste geraak deur die agterstand in infrastruktuur volgens ‘n verslag wat die SAMRK in 2004 vrygestel het.

Onderwysprobleme word tans op infrastruktuuragterstand blameer wat glo ook aan “foute van die verlede” gekoppel word. Volgens de verslag is talle toilette verstop.

Sedertdien het Equal Education en Section 27 begin met litigasie. Die litigasie steun op ‘n beëdigde verklaring van Ursula Hoadley van die Universiteit van Kaapstad se Skool vir Opvoedkunde navorsing waar sy ‘n skakel tussen die fisiese omgewing, onderrig en leerdoeltreffendheid, asook leeruitkomste as nou verwant stel.

Moedertaalonderrig speel egter ‘n baie groter rol in prestasie, maar pas nie die litigeerders se ideologiese projek om “gelykheid” te bevorder nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.