DA se etniese planne in PE ontbloot

Deel op

Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, het bewerings ontken dat hulle Danny Jordaan in Port Elizabeth gekies het om bruin kiesers te lok.

Jordaan se aanwysing as burgemeester van die Nelson Mandelabaai metropool is verdoem as ‘n politieke taktiek om bruin steun te werf.

Mantashe het in reaksie gesê Jordaan, ook president van die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging, is ‘n bewese administrateur en bedrewe politikus.

Die DA het voorheen staatgemaak op bruines se antipatie teenoor swartes om stemme te trek. Die party is woedend oor Jordaan se aanstelling wat hulle eie ondermaanse etniese strategie ontbloot.

Die leier van die DA in die Oos-Kaap, Athol Trollip het uitgevaar teen die ANC in Port Elizabeth en gesê hulle bly dieselfde party wat die stad tot op sy knieë gedwing het.

Trollip het gesê die ANC is bang om politieke beheer te verloor en het misluk om ‘n gepaste kandidaat onder sy eie raadslede in Port Elizabeth te kry.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.