Bob Hewitt gaan ses jaar agter tralies deurbring

Deel op

Die voormalige Grand Slam-tenniskampioen, Bob Hewitt (75), gaan ses jaar agter tralies deurbring vir seksuele misdade.

Die oud-tennisster is skuldig bevind aan verkragting en onsedelike aanranding wat hy dertig jaar gelede gepleeg het.

Op die eerste aanklag van verkragting is sy vonnis van agt jaar vir twee jaar opgeskort indien hy R50 000 aan die Departement van Justisie betaal vir bewusmakingsveldtogte.

Regter Bam het in sy uitspraak gesê Hewitt het net homself te blameer vir sy optrede en hy sou langer gesit het, minstens 20 jaar, as hy vroeër aangekla was.

Hewitt is in Maart vanjaar skuldig bevind aan twee verkragtings sowel as onsedelike aanranding van ‘n derde vrou. Hy het die vroue aangerand terwyl hy aan hulle tennislesse gegee het.

Drukgroepe en aktiviste het gekla dat Hewitt te lig daarvan afgekom het, maar die regter het sy swak gesondheidstoestand glo ook oorweeg. Hewitt het vroeër beroerte gehad.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.