Vrou herhaaldelik verkrag by weermagbasis

Deel op

‘n Soldaat van die Tempe-weermagbasis in Bloemfontein sal na verwagting eerskomende Maandag in die plaaslike landdroshof om borgtog aansoek doen nadat hy glo ‘n jong meisie die afgelope naweek herhaaldelik verkrag het.

Die soldaat was vermoedelik swart.

Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê die verdagte het Sondag in die vroeë oggendure glo ‘n 22-jarige meisie, wat ‘n geleentheid gesoek het, langs die pad in Nelson Mandelarylaan met sy motor opgelaai.

Volgens Marope het die verdagte na bewering die meisie na sy huis op die basis geneem en herhaaldelik verkrag.

Sy het daarin geslaag om weg te kom waarna die verdagte haar agternagesit het en weer verkrag het.

‘n Buurman het die meisie hoor skree en ondersoek gaan instel. Marope sê die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem.

Hy bly in aanhouding nadat hy vandag vlugtig in die hof op ‘n aanklag van verkragting verskyn het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.