Kovsies moet kampuskleuterskool sluit

Deel op

Die private kleuterskool op die Universiteit van die Vrystaat se Bloemfontein-kampus, Tiny Professors, gaan volgende maand sy deure sluit.

Dit kom nadat die skool vroeër die maand ‘n brief, wat in OFM-nuus se besit is, aan ouers gestuur het waarin aangekondig word dat die skool op 5 Junie weens geldelike probleme gaan sluit.

In die brief word dit aan ouers gestel dat hulle hul kinders by die eienaar van die kleuterskool, Ricka van Kerkhof se dogter se skool in die stad kan inskryf.

Volgens die UV se Lacea Loader speel die skool ‘n belangrike rol by die universiteit en gaan nie sy deure sluit nie.

Die kleuterskool sien om na kleuters sedert 2012 nadat werknemers toenemende vir ‘n kleuterskool op kampus gevra het.

Intussen volgens ‘n ingeligte bron, wat verkies om anoniem te bly, is daar reeds vir ‘n geruime tyd probleme by die skool. Dit sluit glo onder meer swak versorging van die kinders in.

Tientalle kinders is al sedert die begin van die jaar deur hul ouers in ander kleuterskole geplaas.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.