Welkom woedend oor naamsveranderinge

Deel op

Inwoners van Welkom is ontevrede oor die voorgestelde plek- en straatnaamsveranderinge in die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit.

Van die voorgestelde veranderinge sluit onder andere Constantia-straat na Govan Mbeki-weg, Jan Hofmeyer-straat na Ahmed Kathrada-weg en Volksweg na Andrew Mlangeni in.

Inwoners kla dat sulke veranderinge nie versoenend is nie maar sal eerder verdeeldheid aanhelp.

Intussen het sakeondernemings van Welkom gesê hulle is ontevrede met die finansiële implikasies wat sulke naamsveranderinge tot gevolg sal hê, en dat daar belangriker sake is om op te fokus.

Daar sal hierdie Vrydag om 16:00 ’n openbare vergadering by die TS Du Plessis-saal wees waar inwoners hul menings kan lug.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.