Talle dooie voëls in die Suid-Kaap is negatief vir voëlgriep getoets, het RSG berig.
Die staatsveearts is ontbied nadat dooie trekvoëls in die Wildernis-gebied ontdek is.
‘n Woordvoerder van SanParke, Nandi Mgwadlamba sê daar is geen teken van voëlgriep of Newcastle-siekte by die voëls opgespoor nie.
Dit blyk dat die voëls gevrek het van ‘n bakteriële infeksie wat in die grond voorkom.
Warm temperature is nodig om dit te versprei. Dit hou geen gevaar vir mense in nie.