Tshwane ignoreer omgedolwe oprit

Deel op

‘n Montanapark-inwoner van Pretoria is warm onder die kraag na die plaveisel van haar oprit deur die Tshwane-metro in Desember opgegrawe is om ‘n gebarste waterpyp te herstel net so gelaat het.

Volgens Charmaine van der Walt is die plaveisel van haar eiendom in Besembiesiestraat sedert Desember opgegrawe.

“Die probleem het ontstaan nadat ‘n waterpyp gebars het. Na byna sewe dae het die metro die gebarste pyp herstel, maar die plaveisel net so omgedolwe gelaat. Na verskeie oproepe en e-posse het die metro belowe om iemand in Januarie te stuur om dit te herstel en ek wag nou nog,” het ‘n gefrustreerde Van der Walt gesê.

Van der Walt het gesê sy probeer haar huis verkoop, maar geen kopers wil die huis hê met plaveisel voor die oprit wat omgedolwe is nie.

Sy versoek die metro om die plaveisel so spoedig as moontlik te herstel om enige verdere ongerief te vermy.

Die metro het op verskeie navrae van Rekord Noord wat aan hulle gerig is nie gereageer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.