PAP in Midrand byeen vir Burundi-krisis

Deel op

Die huidige politieke krisis in Burundi sal na verwagting die samesprekings van die Pan-Afrika Parlement oorheers wat vandag in Midrand in Gauteng begin.

Die PAP is die wetgewende gesag van die Afrika-Unie wat eers in Addis Abeba gesetel was.

Verteenwoordigers bespreek kwessies van Afrikalande wat die vasteland raak.

Die president van Kenia, Uhuru Kenyatta, sal na verwagting die openingsrede lewer.

Burundi het die afgelope ruk onder gewelddadige onluste deurgeloop omdat daar nie duidelikheid is oor die termyne van president Pierre Nkurunziza nie. Die Weste beskuldig hom daarvan dat hy vir ‘n derde termyn wil regeer, maar die president hou vol dat hy nie vir ‘n eerste termyn verkies is nie en dus nie in stryd met die grondwet optree nie.

Die president van die PAP, Bethel Amadi, sê die boodskap wat hulle aan staatshoofde en regerings wil oordra, is dat beperkings op ‘n ampstermyn gerespekteer moet word.

Die Al Sjabaab-groep het intussen ‘n aantyging deur president Pierre Nkurunziza van Burundi verwerp dat die Somaliese militante ‘n bedreiging vir sy land inhou.

Die President het in sy eerste openbare verskyning sedert verlede week se mislukte staatsgreep gepraat oor ‘n beweerde militante bedreiging.

Talle ontleder sê dat dit bloot ‘n rookskerm is vir die veiligheidsdienste om streng te kan optree teen onluste wat vir Maandag beplan word.

Owerhede verwag opnuut protes teen Nkurunziza se planne om vir ‘n derde termyn te staan. Burundi is nog nie voorheen deur Al Sjabaab geteiken nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.