AMCU-lede by Aquariusmyn eis hoër lone

Deel op

Duisende mynwerkers van die vakbond AMCU mobiliseer weer vir beter lone.

Die mynwerkers is tans in diens van die Aquarius-platinummyn by Rustenburg in Noordwes.

Die AMCU-lede het ‘n mandaat aan sy leierskap gegee om ‘n salarisverhoging te eis vir ‘n minimumloon van R12 500.

Lede het gister na ‘n massavergadering gehou is, op die eisom ‘n verhoging besluit.

Die platinumbedryf wat grootliks in die gebied gesetel is, het verlede jaar onder ‘n vyfmaandelange staking deurgeloop.

Een van AMCU se vloerorganiseerders sê hulle wil die bestuur by die Aquariusmyn dwing om die minimumlone aan te pas soos dié wat werkers by die groter myne, Lonmin en Impala, verdien.

Hy sê die minimumloon by Aquarius is tans R5 600.

President Jacob Zuma het intussen gesê hy sal slegs die bevindings en aanbevelings van die Marikana-kommissie van ondersoek bekendmaak, nadat hy dit deeglik oorweeg het.

Aanduidings is dat die kommissie bevind het dat die polisie vir die skietery tydens die platinummynstaking verantwoordelik was waarby AMCU betrokke was.

Hy het vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beantwoord. Zuma sê die verslag moet behoorlik bestudeer word.

Die Regshulpraad het vroeër in die Konstitusionele Hof betoë gelewer in verband met die hooggeregshof-beslissing wat gelas het dat die organisasie die Marikana-beseerdes en die wat in hegtenis geneem is, se regskoste by die ondersoek moet betaal.

Die Regshulpraad kla dat die uitspraak `n duur presendent kan skep vir toekomstige kommissies van ondersoek.

Die Regshulpraad se hoof-regsbeampte sê die hofbeslissing sal meebring dat geld weggeneem word van mense met `n geldige eis en die raad se hulp nodig het, veral vroue en kinders.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.