Onluste in Mahikeng bedaar

Deel op

Die situasie in Mahikeng in Noordwes is onder beheer en kalm sedert oproer ontwrigting veroorsaak het Sondag.

Dit kom nadat lede van die ANC-jeugliga en die Noordwes Sakekamer gebots het oor premier Supra Mahumapelo se sakebelange en ondernemings wat aan hom behoort.

Intussen het taxibestuurders ook die strate ingevaar oor ‘n nuwe plaaslike busdiens wat blykbaar hul sakegeleenthede bedreig.

Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê intussen is paaie wat versper was gisteraand 20:00 weer oop.

Dit was stil deur die nag.

Hy sê geen arrestasies is gemaak nie, maar ‘n saak van aanranding is geopen nadat een persoon na bewering aangerand is toe lede van die ANC-jeugliga en die Noordwes Sakekamer gebots het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.