Nes van korrupsie in swart onderwys oopgevlek

Deel op

Swart lede van die onderwysersunie Sadou is so verstrik in korrupsie het die minister van Basiese Onderwys Angie Motshekga gesê dat dit op die “rand van ineenstorting” verkeer.

Ondersoekbeamptes wat deur Motshekga aangestel is, het bevind dat Sadou-lede het die departement “geïnfiltreer en bedryf ‘n komplekse stelsel van begunstiging” in KwaZulu-Natal, het City Press berig.

‘n Ondersoek in opdrag van Motshekga en onder leiding van Professor John Volmink het bevind dat die onderwys in KwaZulu-Natal deur skelm vakbondlede misbruikb word, maar hulle is ook in onderwysdepartemente van Gauteng, Noord- Wes, die Oos-Kaap, Mpumalanga en Limpopo bedrywig.

Bewyse van die afmetings van die krisis oral. Daar is bevind dat ‘n aantal senior Sadou-lede in die Oos-Kaap beeste, skape en bokke as betaling vir poste as verskeie skoolhoofde regdeur die provinsie ontvang het.

Een aansoeker vir ‘n pos van ‘n skoolhoof in Gauteng het sy distriksdirekteur genader en het vir hom ‘n SMS gewys wat bewys dat Sadou-amptenare probeer het om R25 000 uit hom te kry in ruil vir die werk.

Afpersing en bedrog vier hoogty in KwaZulu-Natal met vollop bewyse van sulke en ander flagrante oortredings.

Donderdag het amptenare van regsafdeling die departement van basiese onderwys in Durban met senior provinsiale amptenare byeengekom om hulle die leviete voor te lees.

Intussen is die vermeende oortreders in die nes van korrupsie besig om mekaar te dreig en te verkla.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.