Wiese skaf Britse klereketting aan

Deel op

Brait het Vrydag aangekondig dat hulle ‘n belang van 90% in ‘n Britse klerekleinhandelaar vir meer as R14 miljard wil koop.

Brait se grootste aandeelhouer is Christo Wiese. Die modeketting New Look ding mee in die moeilike Europese kleremark met sowat 800 winkels waarvan die meeste in Brittanje en Ierland is.

Brait verwag groei in Frankryk, Duitsland, Pole en China. Die maatskappy bedryf aanlynsake met wêreldwye gratis aflewering vir bestellings van meer as R1000.

Wiese het dmv Brait ook intussen ‘n beherende aandeel in Virgin Active bekom en besit tans 80% van die gimnasiumgroep wat hulle teen R12 miljard aangeskaf het.

Brait se aandeelprys het intussen met meer as 16% geklim. Die transaksies is onderhewig aan owerheidsgoedkeuring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.