Steve Hofmeyr woon Kerkstraatbomherdenking op 20 Mei by

Kerstraatbomtoneel
Deel op

Die sanger en aktivis Steve Hofmeyr het vanoggend getwiet dat hy eerskomende Woensdagoggend die herdenking van die Kerkstraatbom in Pretoria gaan bywoon. PRAAG het reeds in 2003 begin om dié grusame terreuraanval wat op 20 Mei 1983 plaasgevind het, te herdenk, soortgelyk aan die Amerikaners wat jaarliks op 9 September die terreuraanval op die World Trade Centre in New York gedenk. Sedertdien het ander organisasies, waaronder die GHA en Front Nasionaal, insgelyks begin om jaarliks op dié dag kranse by die plek te lê waar die bom destyds afgegaan het. Aboobaker Ismail en Joe Slovo het die terreuraanval namens die ANC beplan en uitgevoer. Biskop Desmond Tutu het albei van vervolging in Suid-Afrika kwytgeskeld deur middel van sy boendoehof, die Waarheids- en versoeningskommissie.

Steve Hofmeyr het die volgende getwiet:

Dr. Dan Roodt van PRAAG sal ook tydens die byeenkoms van ‘n aantal Afrikaanse organisasies ‘n krans lê en ‘n toespraak lewer. Alle PRAAG-lesers en -ondersteuners is welkom om dit by te woon. Terwyl soortgelyke voorvalle in oorsese lande, soos byvoorbeeld die Lockerbie-vliegtuigbom, tot jare lange hofsake en siviele eise lei, is geen van die slagoffers van die Kerkstraatbom nog ooit vergoed nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.