Regtegroep vaar uit teen Operasie Fiela

Deel op

President Jacob Zuma het die regering se Operasie Fiela verdedig. Die operasie is daarop gemik om seker te maak dat immigrante die nodige dokumente het en wettig in die land is.

Die veldtog is deel van die regering se planne om misdaad te bekamp.

Stephen Faulkner van die People’s Coalition Against Xenophobia, het gesê die regering vergelyk buitelanders met “gemors” omdat “fiela” beteken om skoon te maak.

Die weermagoperasie impliseer dat diegene wat in hegtenis geneem word as “gemors” in stryd is met die regering se verbintenis om xenofobie uit te roei.

Die operasie word ook gekritiseer omdat dit gesien word as `n veldtog wat nie net onwettige immigrante aankeer nie, maar ook mense wat om asiel aansoek doen.

Zuma, wat vrae in die Nasionale Raad van Provinsies beantwoord het, het gesê dat dit veldtog slegs teen misdadigers is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.