Beurtkrag vir die volgende drie jaar met SA

Deel op

Beurtkrag gaan vir die volgende drie jaar ‘n werklikheid in Suid-Afrika wees, het die minister van Openbare Ondernemings gewaarsku.

Lynne Brown het vroeër gesê Suid-Afrikaners sal moet saamleef met voortdurende kragonderbrekings.

Volgens die minister sal instandhouding by Eenheid Een van Koeberg teen die einde van die maand voltooi wees.

Die kernaanleg in die Kaapse Skiereiland sal 900 megawatt tot die kragnetwerk kan voeg.

Brown sê vordering word by die Medupi-aanleg in Limpopo gemaak, en die eerste opwekkingseenheid, Eenheid Ses het onlangs meer as 700 megawatt gelewer, ‘n mylpaal.

Brown sê Medupi behoort teen die middel van vanjaar ten volle in bedryf te wees en sal krag gelykstaande aan meer as 40 persent van dié by Koeberg kan uitstoot.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.