Die regering se grondhervormingsbeleid is ‘n ernstige brandpunt in die onderhandelinge tussen die regering en die Khoisan-gemeenskap.
Dié gesprekke vorm deel van ‘n proses wat ten doel het om die Khoisan-gemeenskap as inheemse volk te erken en in te lyf by die Huis van Tradisionele Leiers.
Lid van die Nasionale Khoisan-raad, Stanley Petersen, sê die regering moet ophou met sy wilde uitsprake oor onteiening van grond aangesien dit ‘n negatiewe uitwerking op voedelsekuriteit kan hê.
Hy sê daar moet eerder begin word om konstruktief na die beleid te kyk.
Peterson sê derduisende eise is ontvang sedert die heropening van die grondeiseproses.