Oproeriges brand skole, beskadig 50 voertuie

Deel op

Spanning in Alberton het daartoe gelei dat die Ekurhuleni Metropolisie op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas is.

‘n Metropolisiewoordvoerder, Wilfred Kgasago, sê dit is nog nie duidelik waaroor die oproer handel nie, maar hy sê staatsgeboue word geteiken.

Gewelddadige oproer in die Albertongebied het Dinsdag tot brandstigting gelei. Amptenare sê oproeriges het in die nag die strate ingevaar en skole aan die brand gesteek.

Talle oproermakers is intussen weens openbare geweld in hegtenis geneem.

Vier skole en ‘n gemeenskapsaal is in brande beskadig en strate is versper. ‘n Raadslid se huis is tot op die grond afgebrand.

Polisie is ook ontplooi buite Sasolburg weens klipgooiery.

Tussen Sasolburg en Koppies is meer as vyftig voertuie op die R82-pad deur klipgooiers beskadig. Die toestand is steeds gespanne.

Nog motors is op die pad tussen Sasolburg en Heilbron geteiken in die onrus oor kragvoorsiening.

Oproermakers van die Amelialokasie by Sasolburg het paaie met klippe en brandende buitebande versper om te eis dat elektrisiteit aan hulle voorsien word.

Hulle eis ook dat die Metsimaholo-munisipaliteit woonerwe aan plakkers beskikbaar stel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.