Riverside College in Kaapstad stel nie soveel daarin belang om leerlinge aan Wiskunde of Wetenskap bloot te stel nie. Die skool meen leerlinge moet meer te wete kom oor ouerskap op ‘n jong ouderdom.
Die skool het tegnologie vir tien dae lank ingespan waartydens die leerlinge geleer is oor die verantwoordelikhede van ouerskap.
Die hoërskool het hul leerlinge gevra om ‘n “baba” rond te dra vir dié tydperk.
Nie net is van die leerlinge verwag om die “baba” rond te dra van 2.5kg waar hulle gaan nie, maar hulle het digitale aanmanings per selfoon ontvang oor hul opvoedingstaak.
Elke leerling het verskeie kere per dag ‘n boodskap ontvang wat hom of haar herinner dat die “ouer” die “baba” moet voed, winde moet uitvryf, doeke moet ruil, moet bad en kwaliteit aandag aan hul “kinders” moet gee.
Suid-Afrika worstel reeds met ‘n buitensporige aantal tienerswangerskappe wat deur staatstoelae aangemoedig word.