Noordwes skuld kontrakteurs miljoene

Noordwes se departement van openbare werke en paaie skuld padkonstruksiekontrakteurs meer as R280 miljoen.

Hierdie inligting het aan die lig gekom tydens ‘n vergadering van die staande komitee oor openbare rekeninge in die provinsiale wetgewer.

Die voorsitter van die komitee, Mahlakeng Mahlakeng, het gesê die komitee het met Noordwes se premier Supra Mahumapelo byeengekom om die finansiële situasie van drie provinsiale departemente wat tans deur die provinsiale tesourie help bestuur word, te bespreek.
 
Mahumapelo het verlede maand aangekondig dat die departemente van openbare werke en paaie, onderwys en gesondheid onder administrasie geplaas word.
 
Mahlakeng sê die uitstaande betalings aan kontrakteurs laat kommer oor moontlike vrugtelose en verkwistende uitgawes.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.