Blade wil korrupsie in NFSAS pak

Deel op

Die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding gaan met ‘n forensiese ondersoek begin na die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema om korrupsie uit te roei, het RSG berig.

Die Minister, Blade Nzimande, het die inligting op ‘n nuuskonferensie voor sy Begrotingspos in die Parlement bekendgemaak.

Nzimande sê hy is van mening dat daar korrupsie in die verspreiding van die finansiële hulpskema vir behoeftige studente by tersiëre instellings is.

Hy sê ‘n voorlopige verslag sal na verwagting teen die einde van Oktober gereed wees.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.