Middelklas gaan betaal vir Eskom-gemors

Deel op

Die Nasionale Energiereguleerder, NERSA, het vroeër aangekondig dat ‘n aankondiging oor Eskom se aansoek om ‘n tariefverhoging van 25 persent op 29 Junie verwag kan word.

Dawie Roodt, ‘n bekende ekonoom, sê Eskom se huidige krisis is grotendeels die gevolg van swak bestuur en ‘n gebrek aan leierskap.

Suid-Afrikaners is benoud oor die verhogings en ekonome waarsku dat Suid-Afrika se middelklas vir die gelag sal moet betaal.

Pryse van dienste en goedere sal skerp styg met hoër kragtariefaanpassings.

Middelinkomste groepe sal daarmee in armoede gedompel word indien Eskom se tariefverhoging dus goedgekeur word.

Die Energiereguleerder NERSA het intussen ‘n beroep op die publiek gedoen om geskrewe kommentaar in te dien en die openbare verhore by te woon waar Eskom se aansoek om bykomende verhogings in kragtariewe bespreek sal word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.