Konflik neem toe in Suid-Soedan

Deel op

Gewapende mans in Suid-Soedan het meisies verkrag, seuns ontvoer om soldate te word en dorpe aan die brand gesteek in van die hewigste gevegte in die 17-maande lange burgeroorlog, het die Verenigde Nasies (VN) gister bekend gemaak.

Meer as 300 000 burgerlikes is sonder enige lewensreddende hulp in die noordelike slagveldstaat Unity gestrand, nadat die VN sy agentskappe­ vanweë die toename in gevegte onttrek het.

Meer as 100 000 mense is genoop om uit hul huise te vlug, het AFP berig.

Die VN-vredesending sê dit is “toenemend­ bekommerd” oor verslae uit die Guit- en Koch-distrik­ in die Unity-­staat oor “dorpe en nedersettings­ wat afgebrand word, die dood en ontvoering van seuns so jonk as tien jaar oud en die verkragting en ontvoering van vrouens en meisies”.

Die geweldpleging is die ergste wat dit in maande was met regeringsmagte­ wat suidwaarts beweeg van die hoofstad,­ Bentiu, in die opposisiesone­ om die dorp Leer, die tuiste van die land se eens winsgewende­ olievelde, te verower.

Die internasionale komitee van die Rooikruis het ook sy personeel aan Leer onttrek en gewaarsku dat toenemende­ gevegte tussen magte lojaal aan pres. Salva Kiir en die rebelleleie­r, Riek Machar, duisende inwoners dwing om vir hul lewens te vlug.

Dokters Sonder Grense (MSF) het oor die naweek gesê dit het geen keuse gehad as om hul buitelandse­ personee­l uit Leer te onttrek en sodoend­e alle mediese dienste in die rebelledorp te staak nie.

Leer, die geboorteplek van Machar, is in Januarie 2014 deur regeringsmagte­ geplunder. Gewapende magte het toe die MSF-hospitaal beroof en sommige geboue afgebrand.

MSF het sedertdien die hospitaal herbou wat die enigste verwysigingshospitaal in die opposisiegebied is.

Suid-Soedan se burgeroorlog het in Desember 2013 begin en is gekenmerk­ deur etnies gedrewe menseslagtings,­ verkragtings en aanvalle­ op burgerlikes­ en mediese instansies.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.