Ooste van DRK raak onrustig

Deel op

Vyf mense is dood in ’n aanval wat vermoedelik deur Ugandese rebelle­ naby Beni in die ooste van die Demokratiese­ Republiek van Kongo (DRK) uitgevoer is, het amptenar­e gister bekend gemaak, het AFP berig.

Meer as 300 mense het in sewe maande van menseslagtings in die onluste geteisterde Noord-Kivu-provinsie­­ deur rebelle van die Allied Democratic Forces (ADF) omgekom­.

’n Woordvoerder van die Kongolese­ weermagoperasie teen die rebelle­ sê een groep guerrillas het ’n weermagpos­ aangeval terwyl ’n ander burgerlikes geteiken het.

Die veiligheidstoestand in die gebied­ het die afgelope week aansienlik­ agteruitgegaan met nog sewe mense wat Vrydag in ’n soortgelyke menseslagting­ op Mavivi gesterf het.

Twee lede van die Verenigde Nasies se vredesmag, MONUSCO, is op 5 Mei in ’n lokval doodgeskiet.

‘n Vlugtelingkrisis dreig in die DRK nadat 4000 vlugtelinge uit Burundi die afgelope week in Uvira aangekom het volgens ‘n Katolieke nuusdiens. Die hoofstad van Burundi is ongeveer 15 km van die Kongolese stad geleë.

Die Burundiërs vrees dat die krisis in hul land kan eskaleer in ‘n golf van geweld, of nog erger, in ‘n nuwe burgeroorlog.

Volgens die VN se Hoëkommissaris vir Vlugtelinge, is daar meer as 7000 asielsoekers in die gebiede van Uvira en Fizi in Suid-Kivu.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.