Rusland, China sê VN moet uit Burundi bly

Deel op

Betogers in die hoofstad, Bujumbura,­ betoog steeds teen pres. Pierre Nkurunziza­ van Burundi se aankondiging om homself vir ’n derde termyn as staatshoof verkiesbaa­r te stel.

Die betogings duur voort ondanks die feit dat veiligheidsmagte­ versperrings afgebree­k het wat die afgelope dae deur betogers opgerig is.

Diplomate van Rusland en China het vroeër ‘n Franse verklaring oor die situasie in Burundi afgestem.

Die Russiese VN-ambassadeur Witali Tsjoerkin het aan verslaggewers gesê, “dit is nie die besigheid van die Veiligheidsraad en die VN-handves om betrokke te raak in grondwetlike sake van soewereine state nie”.

Die Burundi-grondwet en die Arusja-vredesverdrag wat die einde van die burgeroorlog aangekondig het, beperk die president tot twee termyne, maar Nkurunziza se ondersteuners sê hy kan weer verkies word, want hy is vir sy eerste termyn deur wetgewers aangewys en nie verkies nie.

Intussen probeer die VSA en EU druk toepas om van die president ontslae te raak.

Oos-Afrika-leiers vergader vandag in Dar es Salaam om die politieke krisis in Burundi te bespreek onder leiding van adjunkpresident Cyril Ramaphosa en die Amerikaanse adjunk-minister van Afrika-sake, Linda Thomas-Greenfield.

Hulle het in die Tanzaniese hoofstad byeengekom om te probeer bemiddel in die politieke dispuut wat deur etniese geweld gekenmerk word.

Hoetoes en Toetsies word soos voorheen, weer teen mekaar afgespeel. Die krisis word aangehits in ‘n streek wat in 1994 onder ‘n volksmoord gebuk gegaan het.

Meer as 800,000 mense in die naburige Rwanda uitgemoor, wat net soos Burundi tussen die twee etniese groepe verdeel is.

Pierre Nkurunziza se besluit om homself vir ‘n derde termyn verkiesbaar te stel, is moontlik die enigste weg tot vrede. Hy het voor 2005 toe hy as president aangestel is, ‘n Hoetoe-rebelle-groep gelei, maar gesorg dat hy talle Toetsies in sy kabinet aanstel.

Nkurunziza is die seun van ‘n Toetsi-ma en ‘n Hoetoe-vader. Sy pa het as goewerneur van twee provinsies gedien voordat hy vermoor is in 1972 tydens ‘n golf van etniese geweld wat gelei het tot die dood van meer as 100.000 Hoetoes en meer as 10.000 Toetsies.

Minstens 19 mense is sedert sy aankondiging in politieke geweld dood. Meer as 50.000 mense het weens die geweld uit Burundi gevlug.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.