Die minister van polisie, Nathi Nhleko sê ‘n verslag het aanbeveel dat Robert McBride geskors word uit sy amp omdat hy meegewerk het om sewe Zimbabwiërs in 2010 uit die land te sit.
Nhleko het die Parlement se portefeuljekomitee oor polisie toegespreek.
Hy het gesê ‘n onafhanklike verslag het bevind dat die omstrede McBride, wat tans as hoof van die onafhanklike klagtedirektoraat, OPOD dien, strafregtelik aangekla word vir beweerde sy rol in die deportering.
Daar is bevind dat McBride met ‘n verslag van die OPOD gepeuter het om Anwa Dramat vrygespreek te kry vir sý rol in die deporterings.
Die voormalige hoof van die Valke, Dramat se vermeende betrokkenheid by die saak het tot sy skorsing en uiteindelike bedanking gelei.
Alhoewel Dramat se skorsing ter syde gestel is na ‘n hooggeregshofaansoek, het hy bedank.